Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 53:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vir die leier van die koor: Die fluite moet speel en julle moet sing. ’n Lied van Dawid.

2. Dit is dwase mense wat dink daar is nie ’n God nie.Hulle is slegte mense, hulle doen lelike dingeaan ander mense,nie een van hulle doen goed nie.

3. God kyk uit die hemel na die menseom te sien of daar iemand is wat verstandig is,iemand wat vra wat God wil hê.

4. Maar hulle het almal sleg geword,hulle het nie op die regte pad geloop nie.Nie een van hulle doen goed nie,nie een nie.

5. Besef julle wat sal gebeurmet julle wat slegte dinge doen?Julle wat my mense op-eet soos mense brood eet,julle wat nie tot die Here bid nie,besef julle wat sal gebeur?

6. Julle moet besef dat julle groot sal skrik,so groot soos julle nog nooit geskrik het nie,want God sal die vyande van sy volk doodmaaken Hy sal die vyande se bene oral gooi.Hulle sal verloor, want God het hulle gelos.

7. Ek bid dat daar uit Sion iemand sal komwat vir Israel sal red.Wanneer God dit beter laat gaan met sy volk,dan sal die nageslag van Jakob juig,Israel sal feesvier.

Lees volledige hoofstuk Psalms 53