Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 51:1-13 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vir die leier van die koor. ’n Psalm van Dawid

2. toe hy seks gehad het met Batseba en die profeet Natan na hom toe gekom het.

3. O God, U moet genadig wees vir my,want U doen altyd wat U belowe het.U is altyd jammer vir u mense,daarom moet U nie meer daaraan dinkdat ek opstandig was teen U nie.

4. U moet alles wegneemwat ek verkeerd gedoen het.U moet my reinig en my sonde wegwassoos ’n mens iemand skoon was.

5. Ja, ek weet self dat ek opstandig was,ek vergeet nooit my sonde nie.

6. Ek het sonde gedoen teen U, net teen U,ek het dinge gedoen waarvan U nie hou nie.Daarom was U reg toe U gesê het dat ek skuldig is,U het nie ’n fout gemaaktoe U my ge-oordeel het nie.

7. Ek weet, ek het verkeerd gedoenvandat ek gebore is,ek was ’n sondaar voordat ek gebore is.

8. Ek weet, U hou van die waarheid,ook in die donker,U leer vir my wysheidwaar niemand dit kan sien nie.

9. U moet my reinig van my sonde,soos die priesters dinge reinigmet ’n hisop-takkie.U moet my rein maaksoos wanneer iemand iets skoon was,so skoon dat dit witter as sneeu is.

10. U het my baie swaar laat kry,maar U moet my weer vrolik en bly maak,U moet my weer laat juig.

11. U moenie na my sonde kyk nie,U moenie dink aan al die verkeerde dingewat ek gedoen het nie.

12. O God, gee vir my ’n nuwe hart wat rein is,maak my gees in my nuut,sodat ek altyd aan U kan behoort.

13. U moenie vir my weggooi nie,U moet altyd by my bly.

Lees volledige hoofstuk Psalms 51