Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 47:3-10 Bybel vir Almal (ABA)

3. want almal moet die Here eer,die Here, die Hoogste God.Hy is die Groot Koning van die hele aarde.

4. Hy het ons laat wen teen ander volke, hulle moet ons dien.

5. Hy kies vir ons die land wat altyd ons land mag wees,die pragtige land van Jakob vir wie Hy lief is. Sela

6. Toe God na sy tempel gaan,het die mense geskree,hulle het vir die Here die ramshoring geblaas.

7. Julle moet sing vir God, julle moet sing,julle moet sing vir ons Koning, julle moet sing,

8. want God is die Koning van die hele aarde,julle moet vir Hom ’n lied sing.

9. God is Koning van die volke,God het gaan sit op sy gewyde troon.

10. Die leiers van die ander volke sal bymekaarkomsaam met die volk van die God van Abraham,want God regeer oor die mense wat oor die aarde regeer,Hy is hoog bo almal.

Lees volledige hoofstuk Psalms 47