Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 46:1-12 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vir die leier van die koor: Van die Korag-groep. Dieselfde musiek soos vir die lied “Jong Vroue.” ’n Lied.

2. God beskerm ons en Hy maak ons sterk,Hy is altyd gereed om ons te help.

3. Daarom is ons nie bang nie,ook nie wanneer die aarde skud,en die berge tot in die see val nie,

4. ook nie wanneer die water van die seeraas en skuim,en sy wilde branders die berge laat bewe nie. Sela

5. Daar is ’n rivier,sy strome maak die mense blywat woon in die stad van God,die gewyde woonplekvan die Hoogste God.

6. God is in hierdie stad,niemand sal die stad oorwin nie,God sal die stad help wanneer dit oggend word.

7. Volke het geraas, lande is verwoes.Wanneer die Here praat, dan smelt die aarde weg.

8. Die Here wat oor alles regeer, is by ons,die God van Jakob beskerm ons. Sela

9. Julle moet kom kyk wat die Here doen,kom kyk watter wonderlike dinge Hy op die aarde doen:

10. Hy het oorloë laat ophou op die hele aarde,Hy het pyl en boog gebreek,spiese stukkend geslaanen skilde verbrand.

11. Hy het gesê: “Julle moet ophou veg,julle moet weet dat Ek God is,Ek is hoog bo die volke, hoog bo die aarde.”

12. Die Here wat oor alles regeer, is by ons,die God van Jakob beskerm ons. Sela

Lees volledige hoofstuk Psalms 46