Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 45:8-18 Bybel vir Almal (ABA)

8. jy is lief vir wat reg isen jy haat wat verkeerd is.Daarom het God, jou God, vir jou gesalfen vir jou meer vreugde gegee as vir ander konings.

9. Al jou klere ruik soos mirre, aalwyn en kassie,en jy geniet die musiek wat uit ivoor-paleise kom.

10. Daar is prinsesse tussen jou vroue,en regs langs jou staan die koningin.Sy dra juwele van die beste goud.

11. Dogter, jy moet luister,jy moet kyk en goed luister.Jy moet nou jou volk en jou familie vergeet.

12. Jy is mooi, en die koning hou baie van jou.Jy behoort aan hom en jy moet doenwat hy wil hê.

13. Dogter uit die stad Tirus, die ryk mensesal vir jou presente bringsodat jy vriendelik kan wees met hulle.

14. Die prinses is baie mooi, en sy kom in,haar klere is van goud-draad.

15. Haar rok het baie kleure,en hulle lei haar na die koning toe.Agter haar is die jongmeisies,haar vriendinne, hulle kom saam.

16. Mense juig en sing, hulle lei die meisiesen bring hulle in die paleis van die koning.

17. Koning, jy sal seuns hê,en hulle sal regeer soos jou voorvaders.Jy sal hulle kies en aanstelom amptenare te wees in die hele land.

18. My lied sal elke geslag aan jou laat dink.Daarom sal die volke jou altyd prys.

Lees volledige hoofstuk Psalms 45