Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 40:2-11 Bybel vir Almal (ABA)

2. Ek het aangehou wag dat die Here my moet help,en Hy het na my toe gebuig en gehoor hoe ek kla en sug.

3. En toe het Hy my opgetrek uit die diep gatvol slym en modder,ek het amper daar gesterf.Hy het my op ’n rots neergesit,my voete kon daar vas staan.

4. Hy het vir my ’n nuwe lied laat sing,’n lied om ons God te prys.Baie mense het gesien wat Hy gedoen het,en hulle het Hom gerespekteer en gedien,hulle het geglo dat die Here hulle sal help.

5. Dit gaan goed met ’n mens wat glodat die Here hom sal help,’n mens wat nie vradat afgode hom moet help nie,dinge wat nie gode is nie.

6. U, my God die Here,U het baie wonderwerke gedoenen U het baie dinge oor ons besluit.Niemand is soos U nie.As ek wil vertel wat U gedoen heten daaroor wil praat,dan is alles te veel om te tel.

7. U wil nie offers en presente hê nie,U wil hê dat ek moet luister na wat U sê.U het nie gevra dat ons brand-offersen sonde-offers moet bring nie.

8. Daarom het ek gesê: “Hier is ek!Die boek met u wette sê dat ek dit moet doen.”

9. My God, ek hou daarvan om te doen wat U wil hê.Ek dink altyd aan wat in u wette geskryf is.

10. U het my gered,en ek het hierdie goeie nuus in die groot vergadering vertel.U moet luister, ek het nie stilgebly nie.Here, U weet dit self.

11. Ek het nie stilgebly nie, ek het vertel dat U red,ek het gesê dat U doen wat U sê, U help.Ek het vir die groot volksvergadering gesêdat U doen wat U belowe heten altyd dieselfde is.Ek het nie stilgebly nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 40