Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 37:3-18 Bybel vir Almal (ABA)

3. Jy moet glo dat die Here sal doenwat Hy belowe heten jy moet goeie dinge doen.Dan sal jy in hierdie land woon en jy sal veilig wees.

4. As jy gelukkig voel omdat jy aan die Here behoort,dan sal Hy vir jou alles gee wat jy wil hê.

5. Jy moet glo dat die Here jou op jou pad sal leien dat Hy sal doen wat Hy belowe het.As jy dit glo, dan sal Hy dit doen

6. en Hy sal vir almal wys dat jy onskuldig is,Hy sal vir almal sê jy is iemand wat reg doen.

7. Jy moet stilbly en geduldig wagtotdat die Here iets doen.Jy moenie kwaad word wanneer dit goed gaanmet iemand wat skelm planne maak nie.

8. Jy moenie kwaad en ontsteld word nie,jy moet dit los.Jy moenie kwaad word nie,dit bring net probleme.

9. Want mense wat slegte dinge doen,sal moet weggaan uit die land.Die mense wat glo dat die Here hulle sal red,húlle sal die land kry.

10. Oor ’n kort tydjiesal die mense wat verkeerd doen, weg wees.Jy sal kyk na die plek waar hulle was,en hulle sal nie daar wees nie.

11. Maar die mense wat hulleself nie kan help nie,sal die land kryen hulle sal gelukkig voel omdat alles goed sal gaan.

12. Die mens wat verkeerd doen, maak slim planneteen die mens wat reg doen, hy wil hom laat sterf.

13. Maar die Here lag vir die mense wat verkeerd doen,want Hy weet wat met hulle sal gebeur.

14. Die mense wat verkeerd doen, vat die swaarden hulle trek die boog styf,hulle wil die mense doodmaakwat hulleself nie kan beskerm nieen wat niks het nie,hulle wil die mense vermoor wat eerlik lewe.

15. Maar hulle swaard sal deur hulle eie hart steek,en hulle boog sal stukkend breek.

16. Wanneer die mens wat reg lewe, min het,dan is dit beter as die baie dingewat die mense het wat verkeerd doen,

17. want die Here sal die mense wat verkeerd doen,swak laat word,maar Hy beskerm die mense wat reg doen.

18. Die Here sorg altyd vir mense wat net goed doen,en die land sal altyd hulle land wees.

Lees volledige hoofstuk Psalms 37