Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 37:28-40 Bybel vir Almal (ABA)

28. Want die Here hou daarvandat mense reg doen aan ander menseen Hy los nie die mense wat in Hom glo nie.Hy beskerm hulle altyd,maar Hy jaag die nageslag van die mensewat verkeerd doen, weg.

29. Die mense wat reg lewe, sal die land kryen altyd daar woon.

30. Wanneer die mens wat reg lewe,sy mond oopmaak en praat,dan wys hy dat hy wysheid heten dat hy reg wil doen aan ander mense.

31. Hy weet wat die Here wil hê hy moet doen,en hy doen nie verkeerd nie.

32. Die mens wat verkeerd doen,probeer om die mens wat reg doen,te vang wanneer hy iets verkeerd doen,hy wil hê dat hy moet sterf.

33. Maar die Here los nie die menswat reg doen nie,daardie mens is nie skuldig wanneer mense hom oordeel nie.

34. Jy moet glo dat die Here sal doen wat Hy beloween jy moet lewe soos Hy wil hê.Dan sal Hy jou die hoof van die land laat word,en jy sal sien hoe die mense wat verkeerd doen,uit die land moet weggaan.

35. Ek het gesien dat ’n mens wat verkeerd doen,ander mense verdruk,ek het gesien dat dit met hom goed gaan,hy lyk soos ’n boom wat altyd groen is.

36. Maar toe ek weer daar verbykom,toe was hy nie meer daar nie.Ek het hom gesoek,maar ek het hom nie gekry nie.

37. Kyk hoe dit gaan met die goeie mens,die eerlike mens.Ja, die mens wat vrede wil hê, het ’n nageslag.

38. Maar die mense wat opstandig is teen die Here,sal sterf.Die nageslag van die mense wat verkeerd doen,sal verdwyn.

39. Dit is die Here wat die mense red wat reg doen,Hy beskerm hulle wanneer hulle swaarkry.

40. Die Here help hulle en Hy maak hulle vry,Hy maak hulle vry van die mense wat verkeerd doenen Hy red hulle, want hulle vradat Hy hulle moet beskerm.

Lees volledige hoofstuk Psalms 37