Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 37:23-33 Bybel vir Almal (ABA)

23. Wanneer die Here tevrede is oor hoe ’n mens lewe,dan lei Hy hom en dan beskerm Hy hom.

24. Wanneer so ’n mens val, dan val hy nie hard nie,want die Here hou sy hand vas.

25. Ek is nou oud, maar vandat ek jonk was tot nou toe,het ek nie gesien dat die Here’n mens los wat reg lewe nie,ek het ook nie gesien dat so ’n mens se nageslagnie kos het nie.

26. Die mens wat reg lewe, kan die hele dag lankgoed wees vir ander mense en vir hulle dinge leen,en sy nageslag laat dit goed gaan met ander mense.

27. Jy moenie verkeerd doen nie,jy moet doen wat goed is,dan sal jy altyd in die land woon.

28. Want die Here hou daarvandat mense reg doen aan ander menseen Hy los nie die mense wat in Hom glo nie.Hy beskerm hulle altyd,maar Hy jaag die nageslag van die mensewat verkeerd doen, weg.

29. Die mense wat reg lewe, sal die land kryen altyd daar woon.

30. Wanneer die mens wat reg lewe,sy mond oopmaak en praat,dan wys hy dat hy wysheid heten dat hy reg wil doen aan ander mense.

31. Hy weet wat die Here wil hê hy moet doen,en hy doen nie verkeerd nie.

32. Die mens wat verkeerd doen,probeer om die mens wat reg doen,te vang wanneer hy iets verkeerd doen,hy wil hê dat hy moet sterf.

33. Maar die Here los nie die menswat reg doen nie,daardie mens is nie skuldig wanneer mense hom oordeel nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 37