Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 37:10-20 Bybel vir Almal (ABA)

10. Oor ’n kort tydjiesal die mense wat verkeerd doen, weg wees.Jy sal kyk na die plek waar hulle was,en hulle sal nie daar wees nie.

11. Maar die mense wat hulleself nie kan help nie,sal die land kryen hulle sal gelukkig voel omdat alles goed sal gaan.

12. Die mens wat verkeerd doen, maak slim planneteen die mens wat reg doen, hy wil hom laat sterf.

13. Maar die Here lag vir die mense wat verkeerd doen,want Hy weet wat met hulle sal gebeur.

14. Die mense wat verkeerd doen, vat die swaarden hulle trek die boog styf,hulle wil die mense doodmaakwat hulleself nie kan beskerm nieen wat niks het nie,hulle wil die mense vermoor wat eerlik lewe.

15. Maar hulle swaard sal deur hulle eie hart steek,en hulle boog sal stukkend breek.

16. Wanneer die mens wat reg lewe, min het,dan is dit beter as die baie dingewat die mense het wat verkeerd doen,

17. want die Here sal die mense wat verkeerd doen,swak laat word,maar Hy beskerm die mense wat reg doen.

18. Die Here sorg altyd vir mense wat net goed doen,en die land sal altyd hulle land wees.

19. Hulle sal weet wat om te doenwanneer dit sleg gaan,en wanneer daar min kos in die land is,dan sal hulle genoeg hê om te eet.

20. Maar die mense wat verkeerd doen, sal sterf.Die vyande van die Here is soos die veldblomme,hulle verdwyn in die rook en hulle is weg.

Lees volledige hoofstuk Psalms 37