Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 35:12-28 Bybel vir Almal (ABA)

12. Ek het goed gedoen aan hulle,maar hulle wil dit sleg laat gaan met my,en ek het niemand wat my kan help nie.

13. Maar ek?Ek het rouklere aangetreken sonder kos gebly toe hulle siek was.Ek het my kop gebuig en gebid

14. soos ek vir ’n broer of ’n vriend bid.Ek het krom geloop en getreur,ek het gerou soos ek vir my eie ma sal rou.

15. Maar toe dit sleg gaan met my, was hulle bly.Hulle het om my kom staan en hulle het my gespot.Mense wat ek nie ken nie,het aangehou om lelike dinge vir my te sê.

16. Dit is vir die mense wat nie die Here dien nie,lekker om vir my te lag,hulle wil hê dat ek moet sterf.

17. Here, hoe lank sal U dit nog sienen niks doen nie?U moet my red van hierdie mensewat my wil aanval soos leeus.

18. Ek sal vir U dankie sêin die groot volksvergadering,ek sal U prys waar almal bymekaar is.

19. U moenie dat my vyande bly isoor wat met my gebeur nie,U moenie dat die mense wat my haat, lekkerkry nie,ek het niks verkeerd gedoen nie.

20. Want hulle wil hêdat dit nie goed moet gaan met my nie.Hulle vertel leuens oor mensewat vir niemand in die land pla nie.

21. Hulle maak hulle monde groot oop,hulle sê: “Ja, ons het dit self gesien!”

22. Here, U het dit gehoor, U moenie stilbly nie.My Here, U moenie ver van my wees nie.

23. U moet kom, my God en my Here,U moet help dat hulle my reg oordeel.

24. U doen reg, Here my God,U moet my oordeel,U moenie dat hulle bly isoor wat met my gebeur nie.

25. U moenie dat hulle vir hulleself kan sê:“Dit is goed, dit is wat ons wou hê,ons het hom heeltemal gewen!”

26. U moet die mense laat verloor wat bly isomdat ek swaarkry,U moet húlle verneder.Die mense wat dink hulle is belangriker as ek,U moet húlle laat voel hoe dit is om te verloor.

27. Maar die mense wat wil hê ek moet wen,U moet húlle laat sing en bly wees,U moet hulle laat aanhou sê:“Die Here is groot,Hy wil hê dit moet goed gaanmet ’n mens wat Hom dien.”

28. Ekself sal aanhou praat oor Uwat reg gedoen het,ek sal U die hele dag lank prys.

Lees volledige hoofstuk Psalms 35