Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 35:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Van Dawid.Here, U moet sê die mense wat my beskuldig,is self skuldig,U moet oorlog maak teen die mensewat oorlog maak teen my.

2. U moet die groot skild en die klein skild grypen U moet my kom help.

3. U moet die spies vat en die mense keerwat my jaag en my wil vang,U moet vir my sê dat U my sal red.

4. Die mense wat wil hê dat ek moet sterf,moenie wen nie,hulle moet verloor.Die mense wat wil hê dat ek moet sterf,moet ophou om my aan te val,hulle moenie weet wat om te doen nie.

5. Hulle moet wees soos kafwat in die wind wegwaaiwanneer die Engel van die Here hulle wegjaag.

6. Hulle paaie moet donker en glad wees,en die Engel van die Here moet hulle jaag.

Lees volledige hoofstuk Psalms 35