Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 34:1-13 Bybel vir Almal (ABA)

1. Van Dawid. Toe hy by Abimelek was, het hy gemaak of hy mal is, en Abimelek het hom weggejaag.

2. Ek sal die Here altyd prys,ek sal aanhou sing vir Hom.

3. Ek sal vir almal sê wat die Here gedoen het.Die mense wat hulleself nie kan help nie,moet dit hoor en hulle moet bly wees.

4. Julle moet saam met my sing en sêdie Here is groot,julle moet almal saam sy Naam prys.

5. Ek het vir die Here gevra wat met my sal gebeur,en Hy het my geantwoord.Ek was bang vir baie dinge,maar Hy het my van alles gered.

6. Die mense wat hulleself nie kan help nie,wag dat Hy hulle moet help, hulle weet Hy sal help,en hulle is bly.

7. Ek kan myself nie beskerm nie, ek het gebid,en die Here het gehoor.Hy het my gered van alleswat dit sleg laat gaan het met my.

8. Die Engel van die Here beskerm die mensewat die Here dien en Hy red hulle.

9. Julle moet self voel en sien dat die Here goed is.Dit gaan goed met die mens wat vra dat die Herehom moet beskerm.

10. Julle wat aan die Here behoort,julle moet die Here dien,want die mense wat Hom dien,het altyd genoeg van alles.

11. Leeus kry nie altyd genoeg kos nieen hulle word honger,maar die mense wat vir die Here vrawat hulle moet doen,het genoeg van al die goeie dinge.

12. Kom kinders, julle moet luister na my,ek wil vir julle leer hoe julle die Here moet dien.

13. Die persoon wat lief is vir die leween wat graag goeie dinge wil hê,

Lees volledige hoofstuk Psalms 34