Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 33:3-9 Bybel vir Almal (ABA)

3. Julle moet vir Hom ’n nuwe lied sing,julle moet goed speel en julle moet hard skree.

4. Want die Here praat die waarheid,Hy het gedoen wat Hy belowe het.

5. Hy hou daarvan dat mense reg leween dat hulle reg doen aan ander mense.’n Mens kan oral op die aarde siendat Hy doen wat Hy belowe het.

6. Die Here het gesê die lug en die sterremoet daar wees,en toe was hulle daar.

7. Hy het die water van die see laat bymekaarkomsoos in ’n dam,Hy het die diep water in stoorkamers gebêre.

8. Al die mense in die wêreld moet bang wees vir die Here,almal wat in die wêreld woon, moet die Here respekteer,

9. want wanneer Hy praat, dan gebeur dinge,wanneer Hy sê iets moet daar wees, dan is dit daar.

Lees volledige hoofstuk Psalms 33