Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 33:16-17-22 Bybel vir Almal (ABA)

16-17. Mense wen nie ’n oorlog omdat hulle perde het nie,mense word nie vry omdat hulle perde sterk is nie.

18. Nee, die Here sorg vir die mense wat Hom dien,die mense wat glo dat Hy sal doen wat Hy belowe het.

19. Hy red hulle van die dood,Hy laat hulle lewe wanneer daar min kos is.

20. Ons weet dat die Here ons sal help, Hy sal ons beskerm.

21. Ja, ons juig oor wat Hy gedoen het, oor wat Hy self gedoen het,ja, ons glo in Hom wat heilig is.

22. Here, doen met ons wat U belowe het,ons glo dat U dit sal doen.

Lees volledige hoofstuk Psalms 33