Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 33:10-15 Bybel vir Almal (ABA)

10. Dit is die Here wat die planne van volke laat misluk,dit is Hy wat keer sodat dinge wat mense wil doen,nie gebeur nie.

11. Wanneer die Here iets wil doen, dan doen Hy dit,wanneer Hy besluit het iets moet gebeur, dan gebeur diten dit bly altyd so.

12. Dit gaan goed met die volk wie se God die Here is,die volk wat Hy gekies het om aan Hom te behoort.

13. Die Here kyk uit die hemel, Hy sien al die mense,

14. Hy kyk uit sy woonplek wat almal doen,almal wat op die aarde woon.

15. Dit is Hy wat hulle verstand gemaak heten Hy weet alles wat hulle doen.

Lees volledige hoofstuk Psalms 33