Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 33:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Julle wat reg lewe,julle moet sing oor wat die Here gedoen het.Julle almal wat eerlik lewe, julle moet sing en die Here prys.

2. Julle moet speel op die lier en die Here prys,julle moet vir Hom speel op die harp.

3. Julle moet vir Hom ’n nuwe lied sing,julle moet goed speel en julle moet hard skree.

4. Want die Here praat die waarheid,Hy het gedoen wat Hy belowe het.

5. Hy hou daarvan dat mense reg leween dat hulle reg doen aan ander mense.’n Mens kan oral op die aarde siendat Hy doen wat Hy belowe het.

6. Die Here het gesê die lug en die sterremoet daar wees,en toe was hulle daar.

7. Hy het die water van die see laat bymekaarkomsoos in ’n dam,Hy het die diep water in stoorkamers gebêre.

8. Al die mense in die wêreld moet bang wees vir die Here,almal wat in die wêreld woon, moet die Here respekteer,

9. want wanneer Hy praat, dan gebeur dinge,wanneer Hy sê iets moet daar wees, dan is dit daar.

Lees volledige hoofstuk Psalms 33