Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 32:6-11 Bybel vir Almal (ABA)

6. Daarom moet elke mens wat in U glo, tot U bidwanneer dit met hom sleg gaan.Dan sal die watervloed hom nie wegspoel nie.

7. U beskerm my, U hou my weg van gevaar,U maak my vry, en ek kan daaroor sing.

8. Ek wil vir jou leer en vir jou sê hoe jy moet lewe,ek wil vir jou raad gee en ek wil kyk wat jy doen.

9. Jy moenie soos ’n perd of ’n muil weeswat dom is nie.’n Mens moet ’n stang en ’n toom hêom so ’n dier mak te maak en om hom by jou te hou.

10. Dit gaan baie sleg met ’n mens wat verkeerd doen,maar die Here doen wat Hy belowe hetvir die mens wat in Hom glo.

11. Julle almal wat reg lewe, julle moet bly wees,julle moet juig oor wat die Here gedoen het.Julle almal wat eerlik lewe, julle moet bly wees en skree.

Lees volledige hoofstuk Psalms 32