Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 32:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Van Dawid. ’n Lied.Dit gaan goed met ’n menswanneer die Here hom vergewe dat hy opstandig was,wanneer die Here hom nie straf oor sy sonde nie.

2. Dit gaan goed met ’n menswanneer die Here nie sê dat hy skuldig is nie.Dit gaan goed met ’n menswat nie ander mense bedrieg nie.

3. Ja, toe ek stilgebly het oor my sondes,het ek die hele dag gekla en gesugen ek het maer geword,

4. want U het my elke dag en nag gestraf.Dit het gevoel of daar ’n vuur in my brand. Sela

5. Toe het ek my sonde vir U bely,ek het nie probeer wegsteekdat ek verkeerd gedoen het nie,ek het gesê ek sal vir die Here belydat ek opstandig was.En U het my sonde vergewe. Sela

6. Daarom moet elke mens wat in U glo, tot U bidwanneer dit met hom sleg gaan.Dan sal die watervloed hom nie wegspoel nie.

7. U beskerm my, U hou my weg van gevaar,U maak my vry, en ek kan daaroor sing.

8. Ek wil vir jou leer en vir jou sê hoe jy moet lewe,ek wil vir jou raad gee en ek wil kyk wat jy doen.

9. Jy moenie soos ’n perd of ’n muil weeswat dom is nie.’n Mens moet ’n stang en ’n toom hêom so ’n dier mak te maak en om hom by jou te hou.

Lees volledige hoofstuk Psalms 32