Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 3:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. ’n Psalm van Dawid, toe hy weggevlug het van sy seun Absalom.

2. Here, ek het baie vyande,baie mense is opstandig teen my.

3. Baie mense sê God sal my nie red nie. Sela

4. Maar, Here, U is vir my soos ’n skild,U beskerm my van al die kante.U maak my belangrik, mense respekteer my.

5. Wanneer ek die Here roep,dan antwoord Hy my van bo-op sy gewyde berg. Sela

6. Ek gaan lê en slaap, en ek word weer wakker,want die Here beskerm my.

7. Ek is nie bang wanneer tienduisende mensemy van al die kante wil aanval nie.

8. Ek sê: Here, U moet kom!My God, U moet my weer red!Ek vra dit, want U het my vyandehard geslaan op die kakebeen,U het die mense wat verkeerd doen,se tande gebreek.

9. Dit is net die Here wat kan help.U laat dit goed gaan met u volk. Sela

Lees volledige hoofstuk Psalms 3