Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 25:7-15 Bybel vir Almal (ABA)

7. Here, U moenie dink aan die sondeswat ek gedoen het toe ek jonk was nie,U moenie daaraan dink dat ek opstandig wasteen U nie.U moet aan my dink omdat U altyd doenwat U belowe het,omdat U goed is.

8. Die Here is goed en Hy doen altyd reg.Dit is hoekom Hy vir sondaars leerhoe hulle moet lewe.

9. Hy laat dit reg gaan met mensewat hulleself nie kan help niewanneer ander mensehulle oordeel.Hy leer vir die mense wat hulleself nie kan help nie,Hy leer vir hulle hoe hulle moet lewe.

10. Die Here doen altyd wat hy belowe hetvir die mense wat gehoorsaam isaan sy verbond en sy wette.

11. Here, vergewe my sondes, dit is baie,doen dit, want ek behoort aan U.

12. Wanneer iemand die Here wil dien,dan sal die Here vir hom leer hoe hy moet lewe.

13. Dit sal altyd goed gaan met so iemand,en die land sal aan sy nageslag behoort.

14. Die Here vertel vir die mense wat Hom dien,alles wat Hy besluit,Hy sê vir hulle wat sy verbond beteken.

15. Ek wag elke dag dat die Here my moet help,want dit is Hy wat my voete losmaakuit die vangnet waarin mense my wil vang.

Lees volledige hoofstuk Psalms 25