Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 25:11-21 Bybel vir Almal (ABA)

11. Here, vergewe my sondes, dit is baie,doen dit, want ek behoort aan U.

12. Wanneer iemand die Here wil dien,dan sal die Here vir hom leer hoe hy moet lewe.

13. Dit sal altyd goed gaan met so iemand,en die land sal aan sy nageslag behoort.

14. Die Here vertel vir die mense wat Hom dien,alles wat Hy besluit,Hy sê vir hulle wat sy verbond beteken.

15. Ek wag elke dag dat die Here my moet help,want dit is Hy wat my voete losmaakuit die vangnet waarin mense my wil vang.

16. Kyk na my, Here,U moet genadig wees vir my,ek is alleen en ek kan myself nie red nie.

17. Ek is baie bekommerd,red my van alles wat my laat swaarkry.

18. Kyk hoe sleg gaan dit met myen hoe swaar kry ek,vergewe al my sondes.

19. Kyk hoe baie vyande het ek,kyk hoe baie haat hulle my.

20. Beskerm my en red my,moenie dat ek verloor nie,want ek vra dat U my moet beskerm.

21. Ek bid dat U my moet helpom ’n goeie en ’n eerlike mens te bly,ja, ek glo dat U my sal help.

Lees volledige hoofstuk Psalms 25