Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 25:1-12 Bybel vir Almal (ABA)

1. Van Dawid.Here, ek bid tot U, net tot U.

2. My God, ek glo dat U sal doen wat U belowe het.U moenie dat ek verloor teen my vyande nie,U moenie dat hulle juigomdat dit sleg gaan met my nie.

3. En ook, ek bid dat mense wat in U glo,nie sal verloor nie.Die mense wat nie doen wat U wil hê hulle moet doen nie,U moet húlle laat verloor.

4. Here, U moet vir my sê wat U wil hê ek moet doen,U moet vir my leer hoe ek moet lewe.

5. Leer my om reg te lewe, soos U wil hê,want U is die God wat my red,ek glo altyd dat dit net U is wat my kan help.

6. Here, U moet onthou hoe U altydjammer was vir my,hoe U altyd gedoen het wat U belowe het.

7. Here, U moenie dink aan die sondeswat ek gedoen het toe ek jonk was nie,U moenie daaraan dink dat ek opstandig wasteen U nie.U moet aan my dink omdat U altyd doenwat U belowe het,omdat U goed is.

8. Die Here is goed en Hy doen altyd reg.Dit is hoekom Hy vir sondaars leerhoe hulle moet lewe.

9. Hy laat dit reg gaan met mensewat hulleself nie kan help niewanneer ander mensehulle oordeel.Hy leer vir die mense wat hulleself nie kan help nie,Hy leer vir hulle hoe hulle moet lewe.

10. Die Here doen altyd wat hy belowe hetvir die mense wat gehoorsaam isaan sy verbond en sy wette.

11. Here, vergewe my sondes, dit is baie,doen dit, want ek behoort aan U.

12. Wanneer iemand die Here wil dien,dan sal die Here vir hom leer hoe hy moet lewe.

Lees volledige hoofstuk Psalms 25