Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 24:2-10 Bybel vir Almal (ABA)

2. want Hy het die aarde bo-op die water gesit,Hy het die aarde vas laat staan bo-op die diep water.

3. Wie mag opklim teen die berg van die Here?Wie mag gaan staan in sy gewyde plek?

4. Dit is die mens wat nie verkeerde dinge doen of dink nie,die mens wat nie afgode dien nieen wat nie vals is wanneer hy dinge belowe nie.

5. Die Here sal dit goed laat gaan met so ’n mens,God, sy Redder, sal sê so ’n mens is nie skuldig nie.

6. So sal dit gaan met die mense wat vra wat die Here wil hê,die mense wat naby Hom wil wees, die nageslag van Jakob.

7. Poorte, julle moet wyd oopgaan,deure wat baie oud is, julle moet wyd oopgaan,want die Koning van die konings wil ingaan.

8. Wie is hierdie Koning van die konings?Dit is die Here wat sterk is en wat oorwin,die Here wat oorwin in oorlog.

9. Poorte, julle moet wyd oopgaan,deure wat baie oud is, julle moet wyd oopgaan,want die Koning van die konings wil ingaan.

10. Wie is hierdie Koning van die konings?Die Here wat oor alles regeer,Hy is die Koning van die konings. Sela

Lees volledige hoofstuk Psalms 24