Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 21:4-14 Bybel vir Almal (ABA)

4. Ja, U het hom geseën met goeie dinge,U het ’n kroon van goud op sy kop gesit.

5. Hy het lewe gevra, en U het dit vir hom gegee,U het vir hom ’n baie lang lewe gegee.

6. U het hom laat wen in die oorlog,daarom respekteer mense hom,U het hom ’n belangrike koning laat word.

7. Ja, U laat dit altyd goed gaan met hom,U is by hom, en daaroor is hy bly.

8. Die koning weet dat die Here doen wat Hy sê,die koning is veilig,want die Hoogste God doen wat Hy belowe het.

9. Koning, jy sal jou vyande vang,jy sal die mense vang wat jou haat.

10. Wanneer jy by hulle kom, dan sal jy hulle doodmaak,dit sal wees soos wanneer iets in ’n vuur brand.Die Here is kwaad, dit is soos ’n vuur wat brand,Hy sal hulle laat sterf.

11. Jy sal hulle en hulle kinders laat verdwynvan die aarde,hulle sal nie ’n nageslag hê nie.

12. Wanneer hulle jou wil aanvalen planne maak teen jou,dan sal hulle planne nie slaag nie,

13. want jy sal met jou pyl en boog na hulle skiet,en hulle sal moet vlug.

14. Here, U moet almal laat sien dat U sterk is,ons sal sing en ons sal U prys omdat U sterk is.

Lees volledige hoofstuk Psalms 21