Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 17:7-14 Bybel vir Almal (ABA)

7. U moet ’n wonderwerk doenen doen wat U belowe het,U wat die Redder is, U red mense wat vradat U hulle by U moet beskermteen hulle vyande.

8. U moet my oppassoos U iets sal oppas wat kosbaar is vir U,U moet my wegsteeksoos ’n voël sy kleintjies wegsteek onder sy vlerke.

9. U moet my wegsteek vir die mense wat verkeerd doen,die mense wat wil hê ek moet weg wees,my vyande wat my van al die kante aanvalen wat my wil doodmaak.

10. Hulle is nie genadig nie, hulle praat en spog baie,

11. hulle kom nou van al die kante,hulle kyk hoe hulle my kan laat val.

12. Hulle is soos leeus wat lê en wagen gereed is om my dood te byt.

13. Here, U moet kom, U moet my vyande keer,U moet hulle op die grond gooi,U moet my red van die mense wat verkeerd doen.

14. Here, U self moet my red van hierdie mense,hierdie mense wat alles het in hierdie leween wat hulle vol eet van die dinge wat U gee,mense wie se kinders genoeg het,en vir hulle kleinkinders bly daar ook nog kos oor.

Lees volledige hoofstuk Psalms 17