1. ’n Gebed van Dawid.Here, U moet luister, ek is onskuldig.U moet luister wanneer ek vradat U my moet help,U moet luister wanneer ek bid.Ek het niemand bedrieg nie.
2. U moet sê dat ek reg gelewe het,U weet wanneer mense eerlik is.
3. Wanneer U in die nag by my komen kyk wat ek gedoen het,wanneer U my toets,dan sal U weet ek maak nie slegte planne nie.Wanneer ek praat,dan praat ek nie verkeerde dinge
4. soos ander mense nie,ek doen wat U wil hê.Daarom het ek nie geword soos die mensewat altyd wil slaan en vat nie.
5. Ek het altyd geloop waar U my gelei het,en my voet het nooit gegly nie.
6. My God, ek bid tot U,want ek weet U sal my antwoord.U moet luister en hoor wat ek sê.
7. U moet ’n wonderwerk doenen doen wat U belowe het,U wat die Redder is, U red mense wat vradat U hulle by U moet beskermteen hulle vyande.
8. U moet my oppassoos U iets sal oppas wat kosbaar is vir U,U moet my wegsteeksoos ’n voël sy kleintjies wegsteek onder sy vlerke.
9. U moet my wegsteek vir die mense wat verkeerd doen,die mense wat wil hê ek moet weg wees,my vyande wat my van al die kante aanvalen wat my wil doodmaak.