Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 148:6-14 Bybel vir Almal (ABA)

6. Hy het vir elkeen ’n plek gegee, vir altyd en altyd,Hy het gesê dit moet so wees, en dit is so.

7. Watermonsters en al die diep water,julle is onder op die aarde, julle moet die Here prys.

8. Vuur en hael, sneeu en miswolke,stormwinde wat doen wat Hy sê,

9. berge en al die heuwels,vrugtebome en al die sederbome,

10. wilde diere en mak diere,diere wat kruip en voëls wat vlieg,

11. konings van die aarde en al die volke,leiers en almal wat oor die aarde regeer,

12. jongmanne en jongmeisies,ou manne saam met seuns,

13. hulle almal moet die Naam van die Here prys,want sy Naam is belangriker as alles.Hy is Koning van die aarde en die hemel.

14. Hy het sy volk sterk gemaak.Almal wat in Hom glo, prys Hom.Israel prys Hom, Israel, die volk wat Hom in sy tempel dien.Julle moet die Here prys!

Lees volledige hoofstuk Psalms 148