Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 148:1-11 Bybel vir Almal (ABA)

1. Julle moet die Here prys!Julle wat in die hemel is, julle moet die Here prys,julle moet Hom prys hoog daarbo.

2. Al sy engele, julle moet Hom prys,alles in die lug, julle moet Hom prys,

3. son en maan, julle moet Hom prys,al die sterre wat blink, julle moet Hom prys.

4. Die hoogste hemel moet Hom prys,en die water wat bokant die hemel is.

5. Hulle moet die Naam van die Here prys,want Hy het dit beveel, en alles was daar.

6. Hy het vir elkeen ’n plek gegee, vir altyd en altyd,Hy het gesê dit moet so wees, en dit is so.

7. Watermonsters en al die diep water,julle is onder op die aarde, julle moet die Here prys.

8. Vuur en hael, sneeu en miswolke,stormwinde wat doen wat Hy sê,

9. berge en al die heuwels,vrugtebome en al die sederbome,

10. wilde diere en mak diere,diere wat kruip en voëls wat vlieg,

11. konings van die aarde en al die volke,leiers en almal wat oor die aarde regeer,

Lees volledige hoofstuk Psalms 148