Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 143:4-9 Bybel vir Almal (ABA)

4. Ek is moedeloos en ontsteld.

5. Ek dink aan lank gelede,ek dink oor alles wat U gedoen het,ek dink oor alles wat U gemaak het.

6. Ek steek my hande uit na U,ek verlang na Usoos ’n droë land verlang na water. Sela

7. Here, U moet my gou antwoord,ek verlang baie na U.U moet kyk hoe dit met my gaan,ek is soos iemand wat besig is om te sterf.

8. U moet elke oggend vir my sêdat U sal doen wat U belowe het,want ek glo dat U my sal help, nét U sal help.U moet vir my sê hoe ek moet lewe,ja, ek bid en vra dit vir U, nét vir U.

9. Here, U moet my red van my vyande,ek vra dat U my moet beskerm.

Lees volledige hoofstuk Psalms 143