Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 143:4-12 Bybel vir Almal (ABA)

4. Ek is moedeloos en ontsteld.

5. Ek dink aan lank gelede,ek dink oor alles wat U gedoen het,ek dink oor alles wat U gemaak het.

6. Ek steek my hande uit na U,ek verlang na Usoos ’n droë land verlang na water. Sela

7. Here, U moet my gou antwoord,ek verlang baie na U.U moet kyk hoe dit met my gaan,ek is soos iemand wat besig is om te sterf.

8. U moet elke oggend vir my sêdat U sal doen wat U belowe het,want ek glo dat U my sal help, nét U sal help.U moet vir my sê hoe ek moet lewe,ja, ek bid en vra dit vir U, nét vir U.

9. Here, U moet my red van my vyande,ek vra dat U my moet beskerm.

10. U moet vir my leer om te doen wat U wil hê,want dit is Ú wat my God is.U is goed, U moet my op ’n gelyk pad laat loop.

11. Here, ek behoort aan U,U moet my laat aanhou lewe.U doen altyd reg,U moet my vrymaak, want ek kry baie swaar.

12. U doen altyd wat U belowe het,U moet my vyande vir altyd stilmaak,U moet hulle doodmaak,want ek is u dienaar.

Lees volledige hoofstuk Psalms 143