Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 143:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. ’n Psalm. Van Dawid.Here, U moet luister na my gebed,U bly dieselfde,U moet hoor wanneer ek soebat.U doen altyd reg, U moet my antwoord.

2. U moenie vir my, u dienaar, oordeel nie,want niemand is onskuldigwanneer hy voor U staan nie.

3. My vyande jaag my,hulle trap my in die grond in,hulle laat my in die donker sitsoos iemand wat lank gelede dood is.

4. Ek is moedeloos en ontsteld.

5. Ek dink aan lank gelede,ek dink oor alles wat U gedoen het,ek dink oor alles wat U gemaak het.

Lees volledige hoofstuk Psalms 143