Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 141:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. ’n Psalm. Van Dawid.Here, ek roep en ek vradat U gou moet kom.U moet luister, ek roep en ek vradat U my moet help.

2. Ek bid tot U, my gebed moet vir U weessoos ’n wierook-offer wat ek bring.Ek steek my hande uit na U,dit moet vir U wees soos ’n aand-offer.

3. Here, U moet ’n wag voor my mond sit,U moet keer dat ek niks verkeerd sê nie.

4. U moet keer dat ek nie slegte dinge wil doen nie,dat ek nie dinge wil doen wat verkeerd issaam met die mense wat slegte dinge doen nie,dat ek nie die dinge wat vir hulle lekker is,saam met hulle geniet nie.

5. ’n Mens wat reg lewe en wat my vriend is,mag my slaan en mag met my raas.Wanneer hy olyf-olie op my kop wil gooi,dan sal ek sê dit is goed.Maar ek sal aanhou om te biddat die Here mense sal strafwat slegte dinge doen.

6. Wanneer die Here die leiers van die slegte mensevan ’n rots laat afval, dan sal ek sê dit is goed.

Lees volledige hoofstuk Psalms 141