Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 140:6-11 Bybel vir Almal (ABA)

6. Hoogmoedige mense wil my vang,hulle het ’n vangnet van toue gemaaken hulle het dit styfgetrek oor my pad,hulle wou vir my in vangstrikke vang.

7. Ek sê vir die Here: U is my God.Here, U moet luister hoe ek soebat.

8. Here, my Here, U is sterk en U sal my red.U het my beskerm toe daar oorlog was.

9. U moenie vir die mense wat verkeerd doen,gee wat hulle wil hê nie,U moet keer, hulle planne moenie slaag nie, Selasodat hulle nie kan dink hulle is belangrik nie.

10. Die mense wat my van al die kante aanval,is hoogmoedig.Hulle sê baie dinge teen my,U moet al daardie dinge met hulleself laat gebeur.

11. U moet warm kole vuur op hulle laat val,U moet húlle in diep gate laat val,hulle moenie daaruit kan kom nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 140