Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 140:10-14 Bybel vir Almal (ABA)

10. Die mense wat my van al die kante aanval,is hoogmoedig.Hulle sê baie dinge teen my,U moet al daardie dinge met hulleself laat gebeur.

11. U moet warm kole vuur op hulle laat val,U moet húlle in diep gate laat val,hulle moenie daaruit kan kom nie.

12. Mense wat sleg praat van ander mensemoenie in die land bly nie,U moet die wrede mense wegjaag.Dit moet altyd sleg gaan met hulle.

13. Ek weet dat die Here die mens sal helpwat homself nie kan help niewanneer mense hom beskuldig.Die Here sal reg doen aan mensewat niks het nie.

14. Dit is seker: Die mense wat reg doen,sal vir U dankie sê.Eerlike mense sal by U woon.

Lees volledige hoofstuk Psalms 140