Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 140:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vir die leier van die koor: Van Dawid. ’n Psalm.

2. Here, U moet my red van slegte mense,U moet my beskerm teen wrede mense.

3. Hulle maak planne om slegte dinge te doen,hulle wil hê dat mense oorlog moet maak. Sela

4. Hulle tonge is so skerp soos slange se tonge,en hulle is so giftig soos slange.

5. Here, U moet my beskermteen mense wat verkeerd doen,teen wrede mense wat planne maakom my dood te maak.

6. Hoogmoedige mense wil my vang,hulle het ’n vangnet van toue gemaaken hulle het dit styfgetrek oor my pad,hulle wou vir my in vangstrikke vang.

7. Ek sê vir die Here: U is my God.Here, U moet luister hoe ek soebat.

8. Here, my Here, U is sterk en U sal my red.U het my beskerm toe daar oorlog was.

9. U moenie vir die mense wat verkeerd doen,gee wat hulle wil hê nie,U moet keer, hulle planne moenie slaag nie, Selasodat hulle nie kan dink hulle is belangrik nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 140