Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 13:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vir die leier van die koor: ’n Psalm van Dawid.

2. Here, hoe lank sal U my nog vergeet,hoe lank sal U nog aanhouom u gesig weg te draai van my?

3. Hoe lank moet ek nog self planne probeer maak,hoe lank moet ek elke dag huil en treur,hoe lank sal my vyande nog dinkdat hulle sterker is as ek?

4. Here my God, U moet luister en my antwoord,U moet vir my nuwe lewe gee, sodat ek nie sterf nie,

5. sodat my vyande nie kan sê dat hulle gewen hetteen my nie,sodat hulle nie sal juig omdat ek geval het nie.

6. En ek?Ek glo dat U sal doen wat U belowe het.Ek sal juig, want U sal my red,ek sal vir die Here singomdat Hy goed gedoen het aan my.

Lees volledige hoofstuk Psalms 13