Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 125:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. ’n Lied wanneer mense na die tempel gaan.Die mense wat glo dat die Here hulle sal help,is soos die Sionsberg wat nie val nieen wat altyd daar is.

2. Daar is berge rondom Jerusalem,en so beskerm die Here ook sy volk,nou en vir altyd.

3. ’n Koning wat self verkeerd doen,sal nie aanhou om te regeer oor die landwat behoort aan mense wat reg doen nie.As dit gebeur, dan sal die mense wat reg doen,ook verkeerd begin doen.

4. Here, U moet goed doen aan goeie mense,aan die mense wat eerlik is.

5. Maar die Here sal die mense strafwat opgehou het om te lewe soos die Here wil hê.Hy sal hulle straf saam met die mensewat slegte dinge doen.Ons bid dat Israel vrede sal hê.

Lees volledige hoofstuk Psalms 125