Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 12:4-9 Bybel vir Almal (ABA)

4. Here, U moet die mense stilmaakwat daardie stories vertel,die mense wat spog.

5. Hulle dink hulle sal wen met die dinge wat hulle sê,hulle dink niemand sal hulle keer nie.

6. Die Here sê: Ek sien die slegte dinge wat mense doenmet die mense wat hulleself nie kan beskerm nie,ek hoor hoe kla en sug die mense wat niks het nie.Hulle het gevra dat Ek hulle moet help,en Ek sal nou kom.

7. Wanneer die Here praat, dan kan jy Hom glo.Sy woorde is nie vals nie,dit is so skoon en suiwer soos silwerwat sewe maal gesmelt is in ’n vuur-oond.

8. Dit is U, Here, wat by ons wagstaan.U sal ons altyd beskerm teen hierdie mense.

9. Rondom ons loop die mense wat verkeerd doen,en almal sê die dinge wat sleg is, is goed.

Lees volledige hoofstuk Psalms 12