Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 113:5-9 Bybel vir Almal (ABA)

5. Wie is soos ons God die Here?Hy sit hoog op sy troon,

6. en Hy buig af om die hemel en die aarde te sien.

7. Die Here tel die mens op uit die stof, die mens wat niks het nie.Hy laat die arm mens opstaan van die ashoop,

8. en Hy laat hom sit by die belangrike mense,by die belangrike mense van sy volk.

9. Wanneer ’n vrou nie kinders het nie,dan laat die Here haar ’n gelukkige ma word,en sy het haar eie huisgesin.Julle moet die Here prys.

Lees volledige hoofstuk Psalms 113