Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 110:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Van Dawid. ’n Psalm.Die Here het vir my koning gesê:“Jy moet hier langs My sit,op die belangrikste plek,want Ek sal jou vyande verneder,en Ek sal hulle voor jou laat lêsodat jy jou voete op hulle kan sit.”

2. Die Here is in Sion, Hy sal jou help om ’n sterk koning te wees.Hy sê: “Jy moet regeer oor jou vyande.”

3. Jou soldate sal self komwanneer jy oorlog wil maak,hulle sal gewyde klere dra.Jou jongmanne sal vir jou weessoos die dou vroeg in die oggend.

4. Die Here het belowe, en dit sal so wees:Jy self sal altyd ’n priester weessoos Melgisedek ’n priester was.

5. Die Here sal langs jou wees,Hy sal konings oorwinwanneer Hy kwaad is.

6. Hy sal die Regter van die volke wees,Hy sal die hele aarde volmaak met hulle lyke,Hy sal die leiers oorwin.

7. Die koning sal water drinkuit die stroom langs die pad,en dan sal hy sy vyande oorwin.

Lees volledige hoofstuk Psalms 110