Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 11:3-7 Bybel vir Almal (ABA)

3. Julle vra:“Wat kan ’n mens doen wat reg wil lewe?Daar is niks meer wat vas staan nie.”

4. Maar ek sê: Die Here is in sy gewyde tempel,Hy is in die hemel waar sy troon staan,en Hy sien die mense, Hy kyk wat hulle doen.

5. Hy kyk wat die mense doen,die mense wat reg leweén die mense wat verkeerd doen,en Hy haat mense wat wreed is teen ander mense.

6. Hy laat vuur en swael uit die lug val soos reën,dit val op die mense wat verkeerd doen,die warm woestynwind sal hulle brand,hulle sal die beker van swaarkry moet drink.

7. Die Here sal doen wat reg is,Hy wil hê mense moet reg doen.Eerlike mense mag naby Hom wees.

Lees volledige hoofstuk Psalms 11