Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 107:4-20 Bybel vir Almal (ABA)

4. Party mense het verdwaal in wilde plekke,hulle kon nie die pad kry na ’n stadwaar mense woon nie.

5. Hulle het honger en dors geword,hulle het amper flou geword.

6. Toe dit sleg gaan met hulle,het hulle geroep en gevra dat die Here hulle moet help,en Hy het hulle gered, hulle het nie meer swaargekry nie.

7. Hy het hulle laat loop op ’n gelyk padom by ’n stad te kom waar mense woon.

8. Hulle moet vir die Here dankie sêomdat Hy doen wat Hy belowe het,omdat Hy wonderwerke doen vir mense.

9. Hy gee vir mense wat dors is,genoeg om te drink,Hy laat honger mense lekker eet,meer as genoeg.

10. Party mense het in die donker gesit,in pikdonker plekke.Hulle was gevangenes,hulle vyande het hulle vasgemaak met yster-boeie.Dit het sleg gegaan met hulle.

11. Hoekom?Omdat hulle opstandig wasteen God en wat Hy gesê het,omdat hulle nie wou doenwat die Hoogste God vir hulle gesê het nie.

12. Hulle het swak geword, want hulle moes baie hard werk,en wanneer een van hulle geval het,dan het niemand hom gehelp nie.

13. Toe dit so sleg gaan met hulle,het hulle geroep en gevra dat die Here hulle moet help,en Hy het hulle gered, hulle het nie meer swaargekry nie.

14. Hy het hulle laat uitkom uit die donker,uit die pikdonker plekke,Hy het hulle kettings gebreek.

15. Hulle moet vir die Here dankie sêomdat Hy doen wat Hy belowe het,omdat Hy wonderwerke doen vir mense,

16. want Hy het koperdeure gebreeken ysterslotte stukkend geslaan.

17. Party mense was dwaas,hulle het swaargekry omdat hulle opstandig was,omdat hulle verkeerd gelewe het.

18. Hulle het naar geword, hulle kon niks eet nie,hulle was naby die dood.

19. Toe dit so sleg gaan met hulle,het hulle geroep en gevra dat die Here hulle moet help,en Hy het hulle gered, hulle het nie meer swaargekry nie.

20. Hy het gepraat en hulle gesond gemaak,Hy het hulle gered voordat hulle gesterf het en in die graf was.

Lees volledige hoofstuk Psalms 107