Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 107:11-31 Bybel vir Almal (ABA)

11. Hoekom?Omdat hulle opstandig wasteen God en wat Hy gesê het,omdat hulle nie wou doenwat die Hoogste God vir hulle gesê het nie.

12. Hulle het swak geword, want hulle moes baie hard werk,en wanneer een van hulle geval het,dan het niemand hom gehelp nie.

13. Toe dit so sleg gaan met hulle,het hulle geroep en gevra dat die Here hulle moet help,en Hy het hulle gered, hulle het nie meer swaargekry nie.

14. Hy het hulle laat uitkom uit die donker,uit die pikdonker plekke,Hy het hulle kettings gebreek.

15. Hulle moet vir die Here dankie sêomdat Hy doen wat Hy belowe het,omdat Hy wonderwerke doen vir mense,

16. want Hy het koperdeure gebreeken ysterslotte stukkend geslaan.

17. Party mense was dwaas,hulle het swaargekry omdat hulle opstandig was,omdat hulle verkeerd gelewe het.

18. Hulle het naar geword, hulle kon niks eet nie,hulle was naby die dood.

19. Toe dit so sleg gaan met hulle,het hulle geroep en gevra dat die Here hulle moet help,en Hy het hulle gered, hulle het nie meer swaargekry nie.

20. Hy het gepraat en hulle gesond gemaak,Hy het hulle gered voordat hulle gesterf het en in die graf was.

21. Hulle moet vir die Here dankie sêomdat Hy doen wat Hy belowe het,omdat Hy wonderwerke doen vir mense.

22. Hulle moet vir Hom dank-offers bring,hulle moet sing en vertel wat Hy gedoen het.

23. Party mense het met skepe op die see geseil,hulle het hulle werk gedoen op die groot water.

24. Hulle het self gesien wat die Here doen,hulle het sy wonderwerke gesien op die diep see.

25. Toe Hy praat, het daar ’n stormwind gekom,en die branders was baie groot.

26. Die skepe het hoog opgegaan op die brandersen dan het hulle weer afgesak in die diep water.Dit het sleg gegaan met die mense,hulle het baie bang geword.

27. Hulle het soos dronk mensegeloop en geval.Hulle was goeie matrose,maar hulle het nie geweet wat om te doen nie.

28. Toe dit so sleg gaan met hulle,het hulle geroep en gevra dat die Here hulle moet help,en Hy het hulle gered, hulle het nie meer swaargekry nie.

29. Hy het die stormwind stilgemaak,en die branders het klein geword.

30. Die mense was bly omdat die see stil geword het.Die Here het hulle gelei na die hawewaar hulle wou wees.

31. Hulle moet vir die Here dankie sêomdat Hy doen wat Hy belowe het,omdat Hy wonderwerke doen vir mense.

Lees volledige hoofstuk Psalms 107