Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 107:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Julle moet vir die Here dankie sê,want Hy is goed,ja, Hy doen altyd wat Hy belowe het.

2. Die mense wat vry is, moet verteldat die Here hulle vrygemaak het,Hy het hulle vrygemaak,hulle het nie meer swaargekry nie.

3. Hy het hulle bymekaargemaak uit ander lande,uit die ooste en die weste, die noorde en die suide.

4. Party mense het verdwaal in wilde plekke,hulle kon nie die pad kry na ’n stadwaar mense woon nie.

5. Hulle het honger en dors geword,hulle het amper flou geword.

6. Toe dit sleg gaan met hulle,het hulle geroep en gevra dat die Here hulle moet help,en Hy het hulle gered, hulle het nie meer swaargekry nie.

7. Hy het hulle laat loop op ’n gelyk padom by ’n stad te kom waar mense woon.

8. Hulle moet vir die Here dankie sêomdat Hy doen wat Hy belowe het,omdat Hy wonderwerke doen vir mense.

9. Hy gee vir mense wat dors is,genoeg om te drink,Hy laat honger mense lekker eet,meer as genoeg.

Lees volledige hoofstuk Psalms 107