Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 104:6-14 Bybel vir Almal (ABA)

6. U het die aarde met die groot see toegemaak,die water het bo-oor die berge gevloei.

7. U het hard gepraat, en toe het die water gevlug.Toe die water u donderweer hoor, het dit weggevloei.

8. Die water het oor die berge gespoel,dit het afgegaan in die valleie na die plekwat U daarvoor gereedgemaak het.

9. U het gewys waar die grens isen U het gesê die water moenie oor die grens gaan nie,sodat die water nie weer die aarde sal toemaak nie.

10. U het fonteine laat uitkom in die valleie,sodat die water tussen die berge kan vloei.

11. Al die wilde diere kan daar water kom drink,die wildedonkies kan daar water kom drinkwanneer hulle dors is.

12. Die voëls kom maak hulle neste bo die water,hulle sit en sing tussen die takke.

13. U maak die berge nat met water uit u bo-kamers,die aarde kry meer as genoeg van alles wat U gee.

14. U laat die gras groei sodat die beeste kan eet,en U gee plante wat die mense kan plantom kos uit die aarde te kry.

Lees volledige hoofstuk Psalms 104