Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 104:23-34 Bybel vir Almal (ABA)

23. Dan gaan die mens na sy werk,en hy werk tot die aand.

24. Here, U het baie dinge gemaak,ons sien u wysheid in alles wat U gemaak het.Die aarde is vol van alles wat U gemaak het.

25. Daar is die see, dit is groot en wyd,daar is baie seediere, groot en klein,hulle swem daar rond.

26. Daar seil baie skepe,en die Leviatan swem daar.U het hom gemaak, U speel daar met hom.

27. Almal wag vir Uom vir hulle kos te gee op die regte tyd.

28. U gee die kos, en hulle eet,U maak u hand oop, en hulle kry meer as genoeg.

29. Wanneer U wegkyk, dan word hulle bang,wanneer U die asem wegneem wat U vir hulle gegee het,dan sterf hulle en dan word hulle weer stof.

30. Die asem wat U gee, laat hulle lewe,U maak die aarde nuut.

31. Ons bid dat die Here altyd Koning sal wees,en dat Hy altyd bly sal weesoor alles wat Hy gemaak het.

32. Wanneer die Here na die aarde kyk,dan bewe die aarde,wanneer Hy aan die berge raak,dan kom daar rook uit hulle.

33. Ek wil vir die Here singso lank soos ek lewe,ek wil vir my God musiek maakso lank soos ek hier is.

34. Ek bid dat die Here sal hou van wat ek dink,ek is bly dat Ek aan Hom behoort.

Lees volledige hoofstuk Psalms 104