Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 102:7-19 Bybel vir Almal (ABA)

7. Ek is soos ’n pelikaan in die woestyn,ek het geword soos ’n uil tussen hope klippe.

8. Ek kan nie slaap nie,ek is soos ’n voël wat alleen op ’n dak sit.

9. My vyande spot my die hele dag,die mense wat my beledig, sê my naamwanneer hulle ander mense wil vervloek,

10. want ek eet as, dit is my kos,en alles wat ek drink, is vol van my trane.

11. Dit is omdat U so kwaad is vir my.U het my opgetel en weggegooi.

12. My lewe is amper verby,dit is soos wanneer die skaduwee in die aandlank word en verdwyn.Ek is soos gras wat droog geword het.

13. Maar, Here, U is altyd Koning,elke geslag ken u Naam.

14. U sal kom en jammer wees vir Sion,want die tyd het gekomdat U goed moet wees vir Sion.Ja, dit is nou die tyd.

15. Sion is nou net hope klippe en stof,maar ons, u dienaars, is lief en jammer vir die stad.

16. Die volke sal bang wordwanneer hulle die Naam van die Here hoor.Al die konings op die aarde sal bang wordwanneer hulle sien dat U Koning is.

17. Ja, die Here bou weer die mure van Sion,Hy wys vir almal dat Hy Koning is.

18. Hy hoor die gebede van die mense wat niks het nie,hulle gebede is vir Hom belangrik.

19. Julle moet dit opskryfsodat die volgende geslag dit kan lees,sodat die kinders wat later gebore sal word,die Here kan prys.

Lees volledige hoofstuk Psalms 102