Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 102:21-29 Bybel vir Almal (ABA)

21. en Hy het gehoor dat die gevangenes kla en sug.Hy het oopgemaak en die mense geredwat naby die dood was.

22. Die kinders wat later gebore sal word,sal in Sion die Naam van die Here sê,hulle sal Hom prys in Jerusalem

23. wanneer die volke, die mense uit ander lande,bymekaarkom om die Here te dien.

24. Die Here het my swak laat wordtoe ek jonk was,Hy het my lewe kort gemaak.

25. Ek sê: My God, U moenie my nou wegneem nie,ek het nog nie klaar gelewe nie.U self lewe vir altyd en altyd.

26. Lank gelede het U die aarde vas laat staan,en U het self die hemel gemaak.

27. Die aarde en die hemel sal verdwyn,maar U sal altyd daar wees.Hulle sal word soos ou klere,hulle sal verdwyn soos klerewat ’n mens uittrek en weggooi.

28. Maar U bly altyd dieselfde,U lewe vir altyd.

29. Ons kinders sal veilig woon,ons nageslag sal ’n plek hê by U.

Lees volledige hoofstuk Psalms 102