Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 102:12-25 Bybel vir Almal (ABA)

12. My lewe is amper verby,dit is soos wanneer die skaduwee in die aandlank word en verdwyn.Ek is soos gras wat droog geword het.

13. Maar, Here, U is altyd Koning,elke geslag ken u Naam.

14. U sal kom en jammer wees vir Sion,want die tyd het gekomdat U goed moet wees vir Sion.Ja, dit is nou die tyd.

15. Sion is nou net hope klippe en stof,maar ons, u dienaars, is lief en jammer vir die stad.

16. Die volke sal bang wordwanneer hulle die Naam van die Here hoor.Al die konings op die aarde sal bang wordwanneer hulle sien dat U Koning is.

17. Ja, die Here bou weer die mure van Sion,Hy wys vir almal dat Hy Koning is.

18. Hy hoor die gebede van die mense wat niks het nie,hulle gebede is vir Hom belangrik.

19. Julle moet dit opskryfsodat die volgende geslag dit kan lees,sodat die kinders wat later gebore sal word,die Here kan prys.

20. Hulle sal Hom prys,want Hy het uit die heilige hemel daarboafgekyk na die aarde

21. en Hy het gehoor dat die gevangenes kla en sug.Hy het oopgemaak en die mense geredwat naby die dood was.

22. Die kinders wat later gebore sal word,sal in Sion die Naam van die Here sê,hulle sal Hom prys in Jerusalem

23. wanneer die volke, die mense uit ander lande,bymekaarkom om die Here te dien.

24. Die Here het my swak laat wordtoe ek jonk was,Hy het my lewe kort gemaak.

25. Ek sê: My God, U moenie my nou wegneem nie,ek het nog nie klaar gelewe nie.U self lewe vir altyd en altyd.

Lees volledige hoofstuk Psalms 102